Wedding DVD Wedding Videographer Wedding Video Wedding Videography
HOME PACKAGES REFERENCES EQUIPMENT SHOWREEL LINKS NEWS CONTACT US FACEBOOK

Back to Top
           

References


Barend,

Baie dankie vir 'n pragtige DVD. Dis 'n baie mooi stuk werk en ek is baie bly ek het jou gevra om dit te doen. Ek kan jou gerus vir enigiemand aanbeveel. Baie dankie.

Amarillie en Sergio Zampolli
6 Desember 2009



 

Hi daar

Ek wil net vir jou baie dankie sê vir ons pragtige DVD. Ek is mal oor die 10 minute DVD, dis so anders.
Dankie vir al jou moeite en dat jy jou werk met so ‘n passie doen.

Groete

Anusha & Jacques Jacobsohn
6 Desember 2008



 

Hi Barend,
 
Ons wil net vir jou se baie dankie vir ons trou dvd.  Dit is absoluut stunning & ons kon nie vir beter gevra het nie.  Alles is so mooi gedoen & toe ons dit kyk, was dit asof ons, ons groot dag weer beleef & asof dit net gister was.
 
Dankie weereens.

Geraldine & Craig
10 Oktober 2009



 

Barend,

Ek wil net se baie dankie vir die wonderlike dvd wat jy vir ons gemaak het, ‘n mens kan sien jy weet hoe en jy het soveel ekstra moeite gedoen met alles. . .  

Ons is baie bly ons het jou gevind.

Groete

Natasha & Albert Le Roux
17 Oktober 2009



 

Hello Barend,

Ek hoop dat dit sommer BAIE goed gaan.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir jou UITSTEKENDE diens! Aan die begin het ek gedink dit is belaglik om ‘n fotograaf en ‘n videograaf te he, maar nou weet ek dat dit definitief ‘n MOET is!
Jou diens voor die troue was goed, die dag van die troue was jy niks minder as professioneel en hulpvaardig nie, maar die eind produk is FANTASTIES!! Almal was van voor af in trane, nes daai dag.  Jy het al die unieke ‘blapse’ (wat nie jou skuld was nie) perfek reggemaak (waaroor ek baie bly is), en ons ongelooflike dag net soveel mooier laat lyk.
Baie Baie dankie- dit is iets wat ons die res van ons lewens na kan kyk en sommer die liefde kan aanvoel.  Baie dankie vir jou moeite en dat jy uit jou pad gegaan het.
Ons is MAL oor ons DVD dit is uitstekende kwaliteit en als is pragtig gedoen! Veral die penguin walk, ons het ons gebreek!! J

Ek sal jou definitief vir enige iemand aanbeveel en vir almal verwys wat ek weet gaan trou.

Enige iemand wat ‘n reference wil he kan my met die grootste plesier bel.

Die beste vir jou en jou toekoms!

Vriendelike groete
Chantel en Kobus van Zyl
21 November 2009



 

‘n Tydlose Treffer, dis wat jy ons trou DVD kan noem.

Hulle sê daar is 3 dinge in die lewe wat mens nooit weer kan terug kry nadat dit verby is nie: Tyd, Woorde en Geleentheid.

Barend het dit reg gekry om al 3 die dinge vas te vang in ons wonderlike trou DVD. Vanaf die voorbereiding regdeur tot die partytjie pret. Hy het niks af geskeep nie en ook niks gemis nie. Elke liewe detail is afgeneem, klein dingetjies waarvan ons al vergeet het.

Dit is werklik ‘n meester stuk – so kosbaar en spesiaal.

Barend, jy het werklik ‘n God gegewe talent en dis vir my stunning dat jy jou so in leef in elke oomblik.

Ons wil net weereens vir jou dankie sê vir die betroubare, professionele en kwaliteit diens wat jy aan ons gelewer het.

Ons wens vir jou alles van die beste met die toekoms en mag jou besigheid blom.

Groete,

Albert & Ida
8 Augustus 2009



 

Dear Barend,

Hope you are well.

We would like to express our gratitude to you for the truly amazing DVDs of our wedding. You were friendly throughout the evening and managed to captured all the special moments without being intrusive – thank you so much.

The quality of the DVDs are outstanding! Your hard work and the time spent editing them really shows. Watching them brought back all those wonderful memories and we will watch them for many more years to come with the same joy and affection than the first time we saw them.

You really are remarkable and we would not hesitate in recommending you to anyone in need of an excellent videographer!

Again, thank you so much for making our wedding day timeless!

Best regards,
Ian & Nelmie Skinner
15 June 2009



 

Dear Barend,

I hereby wish to compliment you on the excellent work you have done for me.  A wedding day is the most important day of a person’s life!
My wedding day was the picture perfect day, except that one wants to freeze time to go over every second of what happened on that important day…. Luckily I had you to capture all of those special moments.
You have truly out done my expectations!

Once again… thank you very much for your professional work with that personal touch!

Kind Regards,

Elrien & Gerrit Potgieter
5 Junie 2009




Hi Barend,

Ons het gisteraand die DVD gekyk en ons is baie in ons noppies.  Net om baie baie dankie te se vir jou moeite.  Dis regtig mooi!  Jou professionaliteit spreek vanself!  Ons sal jou met ‘n vrye gemoed vir enige iemand aanbeveel!! 

Jy kan ons enige tyd as verwysing gebruik. 

Groete

Maryna & Ryno Steenekamp
23 Mei 2009




Dear Barend

On behalf of Mark and myself, we would like to thank you for the outstanding
job you performed on our wedding DVD. BZN was punctual, professional and
very accommodating while working with us, leading to a wonderful remembrance
of our special day that we will be able to watch for many years to come.
Barend made us feel comfortable and relaxed while doing his job making it a
pleasure to have the video taken. The feedback from family and friends that
have seen the DVD was extremely complimentary. We would definitely recommend using BZN for wedding DVDs.

Kind regards
Tanja and Mark
5 April 2009




Hi Barend

Thank you very much for an awesome wedding DVD! Your skills are out of the top drawer and we couldn't have asked for anything better than the product you created for us. I am sure we will have many happy memories when watching the DVD for the rest of our lives.

I would gladly recommend your service to anyone that needs a wedding DVD!

Thanks Again!

Johan & Marlene
11 April 2009




I would just like to say thank you for capturing all our special moments at our wedding at The Moon and Sixpence on the 13th December 2008.
The DVD’s were remarkable and very professional. While watching these it brought back such good memories. You really did a superb job and we can not thank you enough. I will definitely be handing out your contact details to my friends and family.

Many thanks once again!

Best regards,
Hayley and Darryl Robinson




Wil net baie dankie se vir die DVD, dit lyk pragtig. Jy het soveel meer detail gevang as wat ons altwee geweet het daar is. Wil net weereens se baie dankie, jy kan ons as n verwysing vir jou goeie werk gebruik.

Groete
Thinus & Leandi
31 Januarie 2008




Ons was die naweek JHB toe en ons het die DVD gekry. Ons altwee is baie tevrede. Jy het 'n "stunning job" gedoen. Ek en George het omtrent die hele DVD deur gehuil. Ons kon nie vir 'n beter persoon gevra het om die video vir ons te gedoen het nie. Ek moet ook sê dat jy ook 'n great "job" gedoen het met die cover van die DVD. Jy is regtig baie goed met wat jy doen en jy het seker gemaak dat ek elke oomblik van daardie dag sal onthou, asof dit gister gebeur het. Nogmaals baie dankie. Ons is regtig baie gelukkig oor die DVD. As jy 'n reference soek, ons is meer as gewillig om vir jou een te stuur.

Vreugde volle groete
Morgan Lotter & George
Manzini
Swaziland
22 November 2008




Wedding DVDs Adel & David – 24 November 2007

Ek en my man is redelik presies met die kwaliteit van hoe dinge gedoen moet word, en het dus n paar mense gesien ivm die trou DVD. Ons het besluit om met Barend te gaan en is nie n dag spyt nie. Die DVD is ongelooflik professioneel gedoen. Ek is net meer en meer beindruk elke keer as ek na my DVD kyk. Barend het dit so goed gedoen dat elke keer as ek daarna kyk voel dit soos realiteit en n herbelewenis. Barend het party goed afgeneem en op DVD gevang, wat my fotograaf nie eers afgeneem het nie, en ek is baie beindruk daarmee, al die fyner detail kan ek ook nou sien op die DVD, soos my blomme, my tafel dekkings, my detail van my rok, my juwele wat ek aangehad het en nog soveel meer.

Ek was so bly oor die manier hoe jy ons musiek gevat het en dit jou eie gemaak het en presies die musiek gespeel het soos ons dit wou he, sonder dat ek eers in detail ingegaan het-jou initiatief is GREAT!!! Ek moet se, die manier wat jy ons DVD gedoen het, die cover, die musiek wat speel as die front page opkom, is baie anders as die ander mense s'n wat jy vir ons gewys het, en ek is seker as jy almal s'n op die manier gaan doen, jy net meer en meer besigheid gaan kry! Ek het so GREAT gevoel nadat ek my DVD gekyk het gistraand, ek sal hom sommer elke dag wil kyk. Het ook die DVD al vir mense geleen, oor die naweek en almal se dat dit ongelooflik professioneel gedoen is. Ander mense doen die DVD dat dit soos n home video lyk, met baie swak beeld en die musiek wat baie sag bler in die agtergrond. Die DVD was regtig presies wat ek wou gehad het! Jy was net op die regte tye op die regte plekke gewees!

Dankie vir al die moeite Barend, die DVD was elke sent werd.

Adel & Dave

My daughter got married in Scotland and we took the video ourselves and asked Barend to do the editing and convertion to DVD. Thanks very much for the DVD’s – you did a great job with a home video. You’ve really gone to so much trouble.
Regards
Barbara Aardon
Wedding DVDs Hi Barend

Thank you for the DVD, it is perfect!!!

The day takes months to plan and it’s over in 10 hours! Now after watching the DVD, there are parts we have already forgotten! But you have captured the moment for us for ever.
Thank you for letting us keep and remember our happy ever after!!

Regards

Shaun and Jenna
8 March 2008

Wedding DVDs Goeie dag Barend,

Baie Dankie Barend vir die wonderlike dag, jy het ons altwee rustig en kalm gehad, alles was natuurlik, dit was regtig 'n plesier om jou daar te gehad het om die video te doen, ons sal beslis ander mense aanraai om van jou dienste gebruik te maak, weereens dankie, dit het pragtig uitgekom.

Lekker dag verder,
Dankie
Joanne & Paul
27 Oktober 2007

Wedding DVDs Hi,

Van die dag wat ons Barend ontmoet het tot en met ons troue, asook na die troue, was hy altyd vriendelik en behulpsaam en het hy ook vir ons goeie raad gegee. Hy het gehelp waar hy kan en hy het ons regtig op ons gemak laat voel!

Ons DVD wat Barend vir ons gemaak het, is regtig van hoë gehalte en dit is deur en deur die moeite werd!

Kort en kragtig, ek sal Barend aanbeveel vir enige iemand wat gebruik wil maak van 'n DVD opname vir enige geleentheid!

Groete
Christo en Juanita Botha
16 Februarie 2008

Wedding DVDs Hi almal!

Ek en my man was op 25 Maart 2005 getroud en Barend het vir ons die DVD gemaak. Ons is baie trots op hierdie video, ons wys baie eerder ons dvd vir vriende as om foto’s te wys want dis meer persoonlik en die mense voel amper of hulle daar was.

Die video is regtig baie goed en professioneel opgeneem met net die regte musiek dat jou hart so warm raak, ek hou ook daarvan dat die plek so mooi vertoon word en dat al die foto’s wat geneem was so lewendig word op die dvd.
Dankie vir die goeie werk!

Groete,
Katrien & Johnny

Wedding DVDs Hi Barend

Hiermee wil ek net baie dankie se vir die uiters profesionele diens wat ons ontvang het van BZN Produksies met my suster se troue.

Nie net was die kliente diens uitstekend nie, deurdat ons baie spesiaal gevoel het met die hele ondervinding nie, maar die kamera werk en die gehalte van die finale produk was besonders.

Elke spesiale oomblik van die troue was vasgevang en ons hoef nie een oomblik bekommerd te gewees het nie.

Dis beslis waarde vir geld en ek kan BZN Produksies vir enige troue aanbeveel. Weereens baie dankie.

Cornelius Koopman

Barend

Skies dat ek nou eers terugkom, maar met Marcel siek en in die bed, het ek nie juis aan iets anders gedink nie.

Maar, ons het tyd gemaak om na ons trou DVD te kyk en ek en Marcel is baie "impress". Dit was lekker om te sien hoe ons troue verloop het aangesien nie een van ons veel kan onthou nie. Ek en Marcel het lekker saam gelag en ek moet erken ons het 'n paar trane gestort. Vandag is ek nie spyt dat ons besluit het om 'n DVD van ons troudag te maak nie. Dis die geld werd.

Die musiek wat jy vir die DVD gekies het is baie "nice". Dalk is dit die rede hoekom ons so "getjank" het?! Dis 'n jammerte jy kan net soveel op 'n DVD laai. Ek sou graag nog meer wou gesien het, maar nou ja. Na 1 uur en 45 minute kon ek nie glo die DVD se tyd is verby nie. Weereens, baie dankie van myself en Marcel. Regtig, "a job well done". Ons waardeer die tyd en "effort" wat jy ingesit het om ons trou DVD spesiaal te maak. Groete en weereens baie dankie.

Madeleine & Marcel Els
5 Augustus 2006
Wedding DVDs

Geagte Barend,

Hoe gaan dit? Dit gaan goed met ons, die liefde blom nog heel lekker! En ja ons geniet die DVD stel nog vreeslik baie van ons huweliksbevestiging. Dit was puik werk van hoë gehalte wat julle gedoen het en iets waarop ek en my vrou baie trots op is. (Sy pik nou nog n traantjie as ons saam daarna kyk!)

Werklik waar 1ste klas en ek sal julle aanbeveel by almal wat ek ken. Ons het juis `n vriende paartjie wat volgende jaar trou en julle by BZN sal voortaands vroeg volgende jaar van hulle hoor om van jul diens gebruik te maak. Soos ek gesê het, ons kon nie vir beter gevra het as dit wat ons uit jul pakket ontvang het nie, die samestelling, ontwerp, omslag alles was perfek!!!

Nogmaals dankie vir jul harde werk om ons mooi troudag en die herinniringe so pragtig saam te gevat het, sodat dit vir ons nog vir baie jare behoue kan bly en toonbeeld kan wees van my en Natalie se liefde vir mekaar, waarna ons elke keer kan kyk, weer en weer en weer! Alles van die beste.

Groete!
Natalie & Stefan (26 November 2005)


Wedding DVDs

Barend,

Baie dankie dat jy die betekenis en die mooi van ons spesiale dag kon vasvang. Wanneer ons na ons dvd kyk voel dit of ons die pragtige dag, weer beleef, al die emosie van die dag word realiteit. Ons kry trane in ons oë, want jy het gemaak dat ons vir altyd ons mooi dag oor en oor kan beleef.

Ons dvd is uniek, soos elkeen van jou trou dvds is, dit laat ons spesiaal voel. Dit was so lekker om een minder bekommernis op ons dag te hê en jy het jouself beslis goed van jou taak gekwyt. Jy het die musiek so mooi saam met al die gebeurtenisse laat vloei, dat dit voel of ons die mooiste liefdes verhaal ooit kyk. Die kerkdiens, gesprekke en toesprake is so duidelik en jy het werklik niks van ons dag gemis nie. Dinge wat ons al van vergeet het kon ons weer sien.

Jy het werklik waar baie moeite en tyd in ons dvd gesit en ons waardeer dit. Mense wat jou kies om hulle dag af te neem is baie gelukkig en die mense wat jou nie kies vir hul trou dvds nie, weet defnitief nie wat hulle mis nie.

Groete
Nicoleen en Wessel
10 November 2007


Dear Barend,

Thank you so much for the nice video/dvd’s you made for us for our wedding.

To look at it now, almost a year after our wedding, it is just wonderful to relive the moments again. The big day goes by so fast and it is hard to remember all the things that happened, but to have it on dvd and video you can always look back and see the small things that happened. The things you missed, and the things you really appreciate afterwards.

I love watching our dvd, because it always brings back that feeling of being in love and adoration for each other. After a while of living with someone, you get used to each other and you don’t appreciate each other that much anymore, but watching the dvd, makes it all come back to you again. It reminds you of the promise you made to each other and not to take it for granted.

What I loved as well about the dvd is, that you took pictures of our life together and put it on the dvd before the wedding. And pictures of our wedding and honeymoon after the whole wedding day. It tells a tale on it’s own. Like a fairy tale.. Real life is never really a fairy tale, but looking at your own wedding dvd and you can see yourself there, is the closest you will get to living a fairy tale in the real world.

Barend, I will always be grateful to you for making the dvd and video for us. Our wedding wasn’t exactly what we wanted, the location, the DJ was really bad, but you really made it all worth while by making and giving us the perfect dvd at a really affordable and reasonable price. Every time we watch it, we are reminded that it doesn’t matter if some things weren’t the way we wanted it, what matters is that we love each other and we got married.

Thank you once again!!
Kind Regards,
Francois & Rika Nortje

Hi Barend,

Thank you for a wonderful movie … you did a great job and we love it to bits …

Best Regards
Rob & Lelanie
8 December 2006

This was received by SMS from Rob & Lelanie about 6 hours after they received their DVD Package
Wedding DVDs

Hi Barend.

Wou net vir jou van my en Wynand se kant af sê baie dankie vir jou uitstekende diens.
As jy na die DVD kyk, dan herleef jy daai besondere spesiale dag oor en oor.

Baie dankie vir al jou tyd en moeite. Dit word opreg waardeer.

Groetnis,
Sherlyne en Wynand Croukamp
13 Oktober 2007

 

 

Copyright BZN Productions © 2009
Web design by J9 Designs
BZN Productions for Wedding DVDs and Wedding Videography